Karooveld Ekologie En Bestuur

R200.00

Usually dispatched within 5 to 7 working days, subject to availability.

Available on backorder

SKU: 9781875093557 Categories: ,

Description

Karooveld Ekologie En Bestuur

 

Author: Esler/Milton/Dean
Format: Softback

Grondgebruikers in die asemrowend wilde en oop Karoolandskap het gekies om ’n bestaan te voer in ’n strawwe en wispelturige omgewing. Die onvoorspelbaarheid van die weer, saam met die buitengewone plantegroei van die streek, maak dat veeboerdery en ander ondernemings in die Karoo ‘n groter uitdaging is as in ander dele van Suid-Afrika. Hoe beter ons egter verstaan hoe hierdie ongewone ekosisteem werk, hoe beter kan ons ons bestuurspraktyke aanpas ten einde droogterampe die hoof te bied en diereproduktiwiteit te handhaaf sonder verlies van spesiesdiversiteit en natuurlike hulpbronne.

Die gids verskaf algemene bestuursbenaderings vir ’n uitgestrekte geografiese gebied. Dit omvat die vygieveld van Namakwaland in die weste, deur die gemengde veldtipes van die Grootkaroo, tot die meer grasryke veldtipes van Cradock en Fauresmith in die ooste. Dit is saamgestel om die praktiese en vooruitstrewende grondgebruiker te help om omgewingsvriendelike veldbestuur toe te pas en om die uitwerking van beweiding en restourasie op die veld te beoordeel. Hierdie gids sal ook nuttig wees vir voornemende grondeienaars wat die potensiaal en geskiktheid van grond vir ’n beplande onderneming wil weet voordat hulle die belegging maak, of wat nuuskierig is oor die Karoo en sy plante en diere. Nuttige inligting oor smaaklikheid van algemene Karooplante, uitheemse indringeronkruide, en Grootvee-Eenheid ekwivalente vir kleinvee en wild word voorsien, sowel as ’n kort geïllustreerde gids tot die meer algemene Karooplante.

Additional information

Dispatched within

5-7 working days

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Karooveld Ekologie En Bestuur”

Your email address will not be published. Required fields are marked *