Description
Neem Uit Die Verlede
Author: Pienaar
Format: Hardback
Published: November 2000
‘n Nuwe en bygewerkte uitgawe van die publikasie wat in 1990 uitgegee is deur die Nasionale Parkeraad van Suid-Afrika (tans SANParke). Dit is die uitvoerige voorgeskiedenis en geskiedenis van die ou Transvaalse Laeveld en die gebeure wat gelei het tot die ontstaan van een van die eerste bewaringsgebiede in die ou Zuid-Afrikaansche Republiek toe die Sabie-reservaat in 1898 geproklameer is. Ná die Anglo-Boereoorlog is die Sabie-reservaat, asook die Shingwedzi-reservaat wat in 1904 geproklameer is, onder beheer geplaas van die eerste opsiener van dié bewaringsgebiede, James Stevenson-Hamilton. Hy en sy toegewyde klein veldwagterkorps het die reservaat ontwikkel en beskerm tot dit in 1926 geproklameer is as die Nasionale Krugerwildtuin – Suid-Afrika se grootste nasionale park. Neem uit die verlede dek die park se verdere ontwikkelingsgeskiedenis tot met die aftrede van Stevenson-Hamilton in 1946. Die werk bring ook gepaste hulde aan al die grondleggers van die Krugerwildtuin.
Reviews
There are no reviews yet.