Description
Fynbos Ekologie En Bestuur
Author: Esler/Pierce/de Villiers
Format: Paperback
Die fynbosstreek is een van die skouspelagtigste uiteenlopende plekke op Aarde. Dit is nie ‘n ligtelike bewering nie. Wanneer mens die verskeidenheid insekte asook vars- en seewaterspesies wat ook met die Kaap assosieer is, in aanmerking neem, mag hierdie brandpunt een van die warmste ter wêreld wees.
Dit is verwarrend uiteenlopend, met ‘n verskeidenheid kleinskaalhabitats, van vleilande in die laagtes tot sypelings in die berge en unieke grond-, voedings-, aspek- en reënvaltoestande, wat almal saamspan om hierdie verskeidenheid te onderhou en te dryf. Fynbos is ‘n plantegroeitipe wat by vuur aangepas is (net soos grasvelde en savannes), en benodig vuur om voort te bestaan: sonder vuur sal die plantegroei te dig raak en verouder, bome sal daarin slaag om die stelsel binne te dring en te oorheers, en mettertyd sal kosbare voedingstowwe wat deur vuur vrygestel word en waarvan die stelsel afhanklik is om te verjong, nie meer beskikbaar wees nie.
Hierdie boek is ‘n gids om besoekers, inwoners, bestuur¬ders of eienaars van grond in die Fynbosbioom te help om dié uitsonderlike rykdom te waardeer en te bestuur.
Reviews
There are no reviews yet.