Die Verhaal van Lewe & die Omgewing

R300.00

Out of stock

SKU: 9781770075863 Categories: ,

Description

Die Verhaal van Lewe & die Omgewing

 

Author: Van As/De Preez/Brown/Smit
Format: Paperback
Published: July 2013

Die verhaal van lewe & die omgewing – ’n Afrika-perspektief handel oor die brose wonder van lewe. Dit is ’n viering van die aarde se ryke, wonderlike verskeidenheid – die spesies, bevolkings, gemeenskappe en ekostelsels wat ons omring – en van die natuur se veerkragtigheid. Dit vertel van die drie hoofekostelsels: varswater, oseane en land, en al die lewe wat hulle in en om Afrika onderhou. Dit bespreek evolusie en die eindeloos vertakkende boom van lewe; hoe stelsels werk, hoe bevolkings toeneem en afneem, en hoe al die elemente van lewe op mekaar inwerk. En dit vertel die verhaal van die oorsprong van die mens in Afrika, en hoe ons tot moderne mense ontwikkel het. Die boek waarsku teen ons menslike invloed op die planeet en die vinnige klimaatsverandering wat dit aanhelp, asook teen massiewe oorbenutting en die uitputting van hulpbronne. Die boek gaan ook oor verantwoordelike beplanning en bestuur van ons omgewing en natuurlike hulpbronne om skade te herstel en volhoubaarheid te verseker. Dit is die verhaal van lewe en die omgewing in Afrika.

Additional information

Dispatched within

5-7 working days

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Verhaal van Lewe & die Omgewing”

Your email address will not be published. Required fields are marked *