Benut Ons Inheemse Bome

R385.00

Usually dispatched within 5 to 7 working days, subject to availability.

Available on backorder

SKU: 9781920217426 Categories: ,

Description

Benut Ons Inheemse Bome

 

Author: Venter/Venter
Format: Softback

Benut ons Inheemse Bome is ongetwyfeld die nuttigste en mees praktiese boek wat oor die onderwerp in Suid-Afrika gepubliseer is.

Hierdie derde en hersiene uitgawe bevat 22 meer boomspesies. Die 163 boomsoorte is alfabeties volgens botaniese naam gerangskik, met meer as 850 volkleur foto’s geïllustreer en volledig bespreek.

Die volgende inligting is vir elke boomsoort ingesluit:

  • ‘n Inleidende afdeling oor die kweek van bome deur saad, steggies en stamsteggies.
  • ‘n Volledige spesiebeskrywing, kenmerke waaraan die boom uitgeken kan word, blom- en dratye, natuurlike verspreiding en habitat.
  • Die ekologiese rol en benutting deur soogdiere, voëls en insekte.
  • Ekonomiese waarde en gebruik deur die mens in tuine, op plase en elders as ’n bron van voedsel, vesel en medikasie.
  • Eienskappe van die hout en benutting daarvan deur die mens.
  • Duidelike riglyne oor die ent en kweek van elke boomsoort.
  • ‘n Kaart wat die natuurlike verspreiding van elke boomsoort aandui.
  • Meer as 850 volkleur foto’s wat met sorg uitgesoek is om die teks te komplementeer en te illustreer.

Die boek bevat ’n tabel wat boombenutting deur diere, voëls en insekte saamvat, bronverwysings en ’n indeks van algemene en botaniese name.
Hierdie waardevolle inheemse boomgids behoort die naslaan- en gebruiksbron te wees van elke tuinier, boer, natuurliefhebber, boomkweker, bosbouer en natuurbewaarder – trouens enigeen met ’n liefde en waardering vir bome.

Additional information

Dispatched within

5-7 working days

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Benut Ons Inheemse Bome”

Your email address will not be published. Required fields are marked *