Description
Die Veldwagter Stap Saam
Author: Emmett/Pattrick
Format: Paperback
Die Veldwagter Stap Saam is nie ‘n tradisionele veldgids in die sin dat dit tot in die fynste besonderhede verduidelik hoe om ‘n spesifieke plant of dier te identifiseer nie (alhoewel die teks tog nuttige wenke gee om uitkenning te vergemaklik). Die doel met hierdie boek is eerder om te dien as ‘n persoonlike gids of ‘veldwagter’ tydens ‘n besoek aan die Laeveld. Dit ontsluit op ‘n toeganklike wyse ‘n magdom verklarende inligting oor die mees algemene diere en plante van die Laeveld en doen so weg , met die nodigheid om ‘n stapel verskillende veldgidse saam te karwei. Die Veldwagter Stap Saamis ‘n beknopte gids propvol interessante inligting oor ‘n verskeidenheid onderwerpe, met inbegrip van soogdiere, voëls, reptiele en amfibiërs, ongewerweldes, bome, grasse, veldblomme en spoorsny, toegelig met honderde kleurfoto’s wat help met die verklaring van diergedrag en uitkenning van algemene spesies.
Die Veldwagter Stap Saam is die ideale handleiding vir amateurnatuurkundiges van alle ouderdomme, insluitend nuwe besoekers aan die bosveld, vakansiegangers en aspirant ‘veldwagters’. Wanneer ‘veldwagters’ in die toerismebedryf hulle opleiding ontvang, is dit juis die inligting vervat in hierdie boek wat hulle eerste moet baasraak. Enige ‘veldwagter’ wat sy sout werd is moet oor ‘n grondige kennis van die natuur beskik om kliënte se vrae sinvol te kan beantwoord en die beginpunt is altyd om die mees algemene onderwerpe in elke studieveld onder die knie te kry. Mettertyd kan veldwagters hul basiese kennis van die algemene onderwerpe uitbrei deur al meer gespesialiseerde bronne te bestudeer. Hierdie benadering kan natuurlik gevolg word deur enigiemand wat sy of haar kennis van die bosveld wil verbreed – en Die Veldwagter Stap Saam beloof om dit ‘n genotvolle en deelnemende proses te maak!
Reviews
There are no reviews yet.